Buitelandse kiesersregistrasienaweek: 26 en 27 of 27 en 28 Januarie 2024

Buitelandse kiesersregistrasienaweek: 26 en 27 of 27 en 28 Januarie 2024.

Gaan die presiese datums na by jou plaaslike Suid-Afrikaanse gesantskap.

Indien jy ’n Suid-Afrikaner is wat in die buiteland woon moet jy verseker dat jy korrek geregistreer is ten einde in die buiteland te kan stem en verandering in 2024 teweeg te bring.

Registrasie as ’n kieser in Suid-Afrika beteken nie dat jy in die buiteland kan stem nie. Jy moet registreer om in die buiteland te stem by ’n spesifieke stemlokaal.

Twee opsies is beskikbaar vir registrasie om in die buiteland te kan stem:

  1. Registreer aanlyn via die OVK-platform: https://online.elections.org.za/voterportal/voter/registration/abroad

  2. Registreer in persoon by jou naaste Suid-Afrikaanse gesantskap tydens die komende buitelandse kiesersregistrasienaweek. ’n Gesantskap sluit jou Suid-Afrikaanse konsulaat, ambassade, hoë kommissie of skakelkantoor in.

Sleutel jou identiteitsnommer in op die OVK se kiesersregistrasiestatustoetser om jou registrasiestatus na te gaan: https://www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-Information.

Lees ook: Kan jy in die algemene verkiesing van 2024 stem indien jy in die buiteland woon?

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…