Geloftefees Vrydag 16 Desember 2022 in Melbourne, Australië

Waar: Christian Reformed Church Wonga Park, Yarraweg 251, Wonga Park

Program:

15:00 Verwelkoming: Danie Uys

15:05 Verootmoedigingsdiens: Ds. Hendrik du Plessis (Afrikaanse Protestantse Kerk Carolina/Ermelo)

16:00 Gelofterede:     Dr. Danie Langner

Hoofleier: Voortrekkerbeweging; Besturende direkteur: FAK; Uitvoerende hoof: Voortrekkermonument

16:50 Aflegging van die Gelofte

17:00 Gesellige saamkuier met musiek, braaivleis en goeie vriende

BELANGRIK:

Ons moet ’n raming van bywoning maak. Diegene wat beplan om dit by te woon moet asb. voor 5 Desember by Danie Uys (duys1954@gmail.com) RSVP.

’n Aantal persone het reeds onderneem om die koste van die geleentheid te dek en geen betaling is nodig nie. Sou jy sterk voel om ook ’n bydrae te maak, kan jy dit met Danie bespreek.

Vir meer inligting, skakel Louw Lourens by 040 566 1889 of JD Steenkamp by 043 107 5373.

Hoe vier jy Geloftedag in die buiteland? Indien jy weet van ’n Geloftefees of -diens in die buiteland, laat weet ons gerus by wereldwyd@afriforum.co.za.

Similar Posts