Klub in die Kollig: Elande Internasionale Rugbyklub

Dié week se kollig val op Elande Internasionale Rugbyklub in Nederland.

Elande Internasionale Rugbyklub is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Elande Internasionale Rugbyklub:

Die Elande is in 2022 deur Riekus van der Westhuizen gestig as ’n internasionale, vriendskaplike rugbyklub met gaan verbintenis aan spesifieke rugbyrade nie. Die doelwit is om keur- internasionale spelers die geleentheid te gee om deel van ’n snel groeiende internasionale organisasie te wees om blootstelling in ’n hoogs kompeterende sport te kry.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Elande Internasionale Rugbyklub:

Klik hier om Elande Internasionale Rugbyklub se webtuiste te besoek.

Klik hier om Elande Internasionale Rugbyklub op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Is daar klubs in jou omgewing waar Suid-Afrikaners gereeld bymekaar kom? Ons wil graag van jou hoor! Skryf vir ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Similar Posts