Kollig Nuusbrief: 20 Januarie 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Ses redes waarom jy bande moet smee met Suid-Afrikaners, selfs in jou nuwe gasheerland

Daar is deesdae baie maniere om kontak te bewerkstellig met mekaar in die tye waarin ons leef. Baie van ons het reeds kennisse, vriende of familie wat oorsee woon. Indien dit nie die geval is nie, is daar baie sosialemediagroepe waar jy kan inskakel om dié belangrike menslike verbintenisse te begin vestig.

Seisoenale gemoedsversteuring – daar is lig aan die einde van die donker wintertonnel

Dit is normaal om effens bedruk te voel tydens die wintermaande. Dis nie ’n vreemde verskynsel nie – veral onder Suid-Afrikaners wat in lande soos Ierland woon waar wintermaande gepaard gaan met langer nagte en lang tydperke wanneer die son nie skyn nie.

Dubrovnik, Sligo en Jerusalem – vroegoggend vakansiedramas

Ná ’n hele paar lang maande was daar ’n welkome Covid-gaping laat in 2021 en ons het soos blits ’n week na Kroasië bespreek. Daarna wou ons graag Ierland toe gaan waar my suster bly, om Sligo te sien, waar haar dogter studeer.

Similar Posts