Kollig Nuusbrief: 26 Mei 2022

Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

AfriForum Wêreldwyd se kuieroggend vir enigeen met kinders of kleinkinders in die buiteland

AfriForum Wêreldwyd gaan ’n kuieroggend aanbied vir ouers en grootouers met kinders of kleinkinders in die buiteland.

Het jou geliefdes geëmigreer, of beplan hulle om te gaan? Voel jy onseker hoe om die stap te hanteer en wil jy net bietjie op iemand se skouer huil wat verstaan?

Kruideniersware koop in ’n nuwe land is nie perdekoop nie

Een ding waarsonder mens nie kan klaarkom nie, is om kos te koop – maak nie saak in watter land jy woon nie. Kosaankope kan sowel die mees opwindende as die moeilikste ding wees om aan gewoond te raak wanneer jy besluit om te emigreer.

Potchefstromers in België

Ons het hierdie week met Aimee le Roux en haar man gesels wat hul hele lewe lank in Potchefstroom gewoon het en binne drie maande al hulle besittings verkoop het en met ses tasse na ’n klein dorpie in België getrek het. Sy vertel ons van hulle eerste sneeu-ervaring, die emosies rondom die emigrasieproses en hoe hulle ingeskakel en vriende gemaak het.

Similar Posts