Kollig-nuusbrief: ’n Spesiale Kersbrief

Ons het beloof dat die laaste nuusbrief van 2023 ’n spesiale Kersbrief gaan wees. Dankie aan al die vriende wat hulle Kerservarings in die buiteland met ons deel.

Veral dankie aan almal wat in 2023 bygedra het tot AfriForum Wêreldwyd se sukses. Dankie vir elkeen wat ons nuusbrief ontvang, webtuiste besoek of van ons Facebook-blad gehou het, ons op X en Instagram gevolg het, vir elke e-pos en elke stukkie kommentaar. Nog bydraes is altyd welkom! Dit was vir ons so ’n voorreg om julle te leer ken en ons sien uit na nog meer kuiertyd in 2024.

Ons hoop dat 2024 vol verrassings is en om nog meer nuttige inligting, nuus en lekkerleesbydraes aan julle te bied.

Mag Christus die middelpunt van julle feesvierings wees dié Kersfees. Voorspoedige nuwe jaar en mag 2024 ’n jaar van nuwe hoop wees, gevul met liefde, vreugde en meer tyd vir mekaar.

Groete, die AfriForum Wêreldwyd-span

Kollig-nuusbrief

Klik hier om die nuutste Wêreldwyd Kollig te lees.
Teken in op ons nuusbrief. Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…