KOMPETISIE: Ink gedigtekompetisie 2022

  • PROMOSIE ARTIKEL

Kom gee vlerke aan jou woorde!!!

15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, INKSPRAAK 3 JEUG, en INKSPRAAK 3 KORTVERHALE.

Die FAK, AfriForum, Academy  Bushware, Taalmonument (Groen Galery) Soladariteit,  Pharos, GROEP 7, Afrikaans.com, en Historium Trust is  van ons hoofborge en die top wengedigte sal in 2023 in hulle tuin uitgestal word.

Maroela Media,  Litnet, en FAK se Flinktydskrif gaan dan ook mediadekking gee aan die wenners.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste om meer oor INK te lees.

Klik op hier om meer oor die reëls te lees.

Similar Posts