’n Nuwe ervaring met AfriForumTV

Vir jou gemak is AfriForumTV beskikbaar op alle Google Play-gesertifiseerde slimtelevisies en Android TV Box’e, en het dit ook ’n nuwer voorkoms vir gemakliker gebruik.

AfriForumTV is vermaak vir die hele gesin, dit is gratis en aanlyn om in te pas by die moderne samelewing waarheen ons beweeg. Laat weet ons wat jy dink en hoe jou ervaring is.

Dit is vir ons belangrik om die AfriForumTV-gemeenskap te groei en ons doelwit is om die grootste Afrikaanse aanlyn stromingskanaal te word. Ons kan dit nie doen sonder jou ondersteuning nie. Vertel jou familie en vriende, word deel en sluit aan by AfriForum.

AfriForumTV is aanlyn beskikbaar en kan afgelaai word as ’n toep by Google Play en Apple App Store

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…