Onderneming in die Kollig: Brenthurst Wealth

Welkom by Brenthurst Wealth (Pty) Ltd, ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer (FSP No: 7833) en ’n volledige finansiële-en-beleggingsdienstemaatskappy met agt kantore in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad en een internasionale kantoor in Mauritius.

Buiten beleggingsadvies en -administrasie, bied ons ook dienste soos aftreebeplanning, buitelandse beleggings, raad oor belasting, testamente en trusts, sowel as die afhandeling van boedels. Ons glo vas dat ’n mens se geldsake holisties en met ’n geïntegreerde benadering bestuur moet word.

Brenthurst Wealth is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Similar Posts