Onderneming in die Kollig: Het Rand

Het Rand is sedert hul ontstaan sinoniem met vars tuisgemaakte kos en uitmuntende kliëntediens. Ons glo dat ons kliënte altyd eerste kom – en dit beteken uitsonderlike produkte en diens.

Het Rand is ’n Suid-Afrikaanse eetplek in Brugge, België. ’n Mens kan hul kos beskryf as Belgiese kookkuns met ’n Suid-Afrikaanse geur. Daar is malvapoeding, bobotiepasteie en uitsoek- Suid-Afrikaanse wyne op die spyskaart.

Het Rand is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Similar Posts