Onderneming in die Kollig: iDrive Uganda Adventures

Hierdie week se onderneming in die Kollig is iDrive Uganda Adventures in Entebe, Uganda.

iDrive Uganda Adventures is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Die gids maak dit vir mense moontlik om Suid-Afrikaanse ondernemings in ander lande te ondersteun.

iDrive is op die been gebring toe ons ’n gaping in die langtermyn-huurmotormark vir betroubare voertuie in Uganda gesien het. iDrive-voertuie word uiters goed in stand gehou, met besondere aandag aan detail. Ons ganse vloot word deur ons besit, en ons sal jou nie in woeste Afrika instuur met ’n voertuig wat ons nie persoonlik ken en in stand hou nie. Dit bied aan iDrivers gemoedsrus – wat beteken jy kan op jou avontuur van ’n leeftyd fokus! iDrive-voertuie word met oorleg gekies, het lae kilometerlesings en ’n deeglike versieningsgeskiedenis en kom reguit uit Japan, en wanneer ons die voertuie ontvang, word hulle deeglik nagegaan voordat die sleutels aan iDrivers oorhandig word. Ons is ook ideaal geleë in Entebbe (Entebbe Internasionale Lughawe), wat ’n belangrike toegangspunt vir alle vakansiegangers in Uganda is. Van toegewyde voertuignoodfone tot Wi-Fi in die voertuig – ons poog deurgaans om meer as ons mededingers te bied. Ons voertuie is uitgeknip vir motorhuursafari’s en ook vir uitgewekenes wat die gemoedsrus wil hê van ’n betroubare voertuig wat omvattend verseker en deskundig versien is, sonder die risiko en onverwagte koste om jou eie voertuig te koop.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend vyfhonderd ondernemings en kontakpunte.

Spring in en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie: dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Weet jy van betroubare logistieke ondernemings in die buiteland? Laat weet ons in die kommentaar of skryf vir ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Similar Posts