Onderneming in die Kollig: Network Financial Services

Network Financial Services is in 2012 deur Eugene op die been gebring – hy het meer as dertig jaar se ervaring in die versekeringsbedryf, hier in Nieu-Seeland sowel as in Suid-Afrika.


Eugene het ook die New Immigrants Network tot stand gebring, omdat hy ’n behoefte daaraan het om ander te help. Omdat hy self deur die proses gegaan het om na Nieu-Seeland te emigreer, was hy bewus van hoe moeilik dit vir mense is om hul voete te vind in hul nuwe tuiste. Hierdie netwerk het regoor die land versprei waar mense wat eenders dink en saamwerk om nuwe immigrante in Nieu-Seeland te help om hul voete te vind.

Dit kan moeilik wees om te bepaal watter versekering jy vir jou familie en jou besigheid nodig het as jy nie ’n ervare vesekeringsadviseur raadpleeg nie.


Ons adviseurs is daartoe verbind om jou individuele behoeftes te verstaan en ’n lewenslange verhouding met jou, jou familie en/of sakevennote te bou. ’n Menslike inslag is vir ons belangrik en ons wil probeer verstaan wat jy doen en hoe ons jou kan help.
Die meeste persoonlike versekeringseise word ingedien in gevalle waar daar siekte, dood in die familie of beserings plaasvind. In sulke gevalle help dit baie as ons die hele eisproses met die versekeringsmaatskappy bestuur.


Network Financial Services is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.
Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

LEES OOK: Onderneming in die Kollig: Roslyn Bespoke Jewellery

Similar Posts