Oor ons

AfriForum Wêreldwyd

Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met sy geboorteland wil bly.

AfriForum Wêreldwyd bied byna twentig jaar ’n aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.

Die inisiatief behels ’n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

Ons Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir ons mense in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar gestel. Dit sluit aktuele plaaslike nuus en bydraes soos foto’s en stories van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon in, asook ’n Wêreldgids wat enig in sy soort is.

Dié gids is ook die plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen vir produkte soos biltong, Ouma-beskuit en tradisionele blatjang. Dit bevat selfs ’n databasis met die besonderhede van ondernemings en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos bedien, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs en dokters in die buiteland.

Die Wêreldgids het ten doel om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die interaktiewe gids maak dit moontlik vir Suid-Afrikaners in die buiteland om self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids te laat opneem.

AfriForum Wêreldwyd het ook ’n nuusbrief genaamd Kollig waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse mediahuis Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en vele meer.

Daarbenewens is AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad ’n uiters gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners, plaaslik en in die buiteland.

AfriForum Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier.

In die afgelope aantal jare het ons reeds verskeie medewerkers betrek en nuwe Wêreldwyd-vriende gemaak. Ons vennote sluit onder meer die volgende ondernemings in: South African Events, Texas Potjie, Merise Media en Breytenbachs Immigration Consultants.

Ons sien daarna uit om dié tradisie voort te sit en wil alle Suid-Afrikaanse burgers na die beste van ons vermoë dien – ongeag waar jy jouself bevind.

Bly betrokke en op hoogte van sake in Suid-Afrika.

AfriForum Wêreldwyd – Jou tuiskomplek in die buiteland!

Facebook: https://www.facebook.com/wereldwyd.co.za/
Twitter: @wereldwyd
Instagram: https://www.instagram.com/wereldwyd.co.za/

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!