Afrikaans is Lekker 2024: Londen

Afrikaans is Lekker is ’n fees van Afrikaanse musiek en kultuur. Dit word aangebied deur South African Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd.

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Refentse, Bobby van Jaarsveld en Jo Black gaan in Mei vanjaar Londen behoorlik op horings neem in ’n reeks musiekvertonings wat in onder meer Dubai en Amsterdam aangebied gaan word. Dié topklaskunstenaars gaan ongetwyfeld die gehoor betower met hulle treffers en onvergeetlike vertonings.

Die optredes vind op hierdie datums plaas:

24 Mei 2024 – Dubai
Kunstenaars: Jo Black, Refentse en Bobby van Jaarsveld.

25 Mei 2024 – Amsterdam
Kunstenaars: Jo Black, Refentse, Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore.

26 Mei 2024 – Londen
Kunstenaars: Jo Black, Refentse en Bobby van Jaarsveld.

Die konserte is moontlik gemaak deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd. Hierdie konserte bied ’n unieke geleentheid vir Suid-Afrikaners in die buiteland om ’n stukkie van hul kultuur en musiek te geniet met ’n tikkie heimwee.

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Die Afrikaans is Lekker 2024-toer beloof om een vir die boeke te wees. Kom deel in ’n fees van musiek en kultuur en raak deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen. Ons sien uit daarna om jou by Afrikaans is Lekker 2024 te verwelkom!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…