Afrikaans is Lekker 2024: Australië en Nieu-Seeland

Afrikaans is Lekker is ’n fees van Afrikaanse musiek en kultuur. Dit word aangebied deur South African Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd.

Dit is die grootste byeenkoms ter viering van Afrikaanse musiek, kultuur en vermaak in Australië en Nieu-Seeland. Kunstenaars gaan besoek aflê in verskeie stede regoor Australië en Nieu-Seeland, insluitend Wellington, Auckland, Sydney, Mackay, Brisbane, en Perth.

Die optredes vind op hierdie datums plaas:

  • 9 Augustus 2024 – Wellington
  • 10 Augustus 2024 – Auckland
  • 11 Augustus 2024 – Sydney
  • 16 Augustus 2024 – Mackay
  • 17 Augustus 2024 – Brisbane
  • 18 Augustus 2024 – Perth

* Die Brisbane- en Perth-optrede se kaartjieverkope het reeds geopen. Die ander optredes se kaartjies sal binnekort beskikbaar wees.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, soos Juanita du Plessis, Kurt Darren, en Brendan Peyper, sal deel wees van hierdie toer. Dié topklaskunstenaars gaan ongetwyfeld die gehoor betower met hulle treffers en onvergeetlike vertonings.

South African Events en AfriForum Wêreldwyd is toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland kan saamkom, deel kan bly van hulle kultuur en nuwe herinneringe kan skep.

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Die Afrikaans is Lekker 2024-toer beloof om een vir die boeke te wees. Kom deel in ’n fees van musiek en kultuur en raak deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen. Ons sien uit daarna om jou by Afrikaans is Lekker 2024 te verwelkom!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…