#HardloopVirHoop – 28 Oktober 2023

#HardloopVirHoop is ’n projek van die AfriForum-traumaeenheid wat ten doel het om bewusmaking te skep rondom plaasmoorde en plaasaanvalle in Suid-Afrika.
Lede van die publiek wat hierdie projek ondersteun, maak dit moontlik vir die AfriForum-traumaeenheid om fondse in te samel ten bate van hul slagofferondersteuningsfonds.

Hierdie fonds word aangewend om slagoffers van dié gruwelmisdaad te ondersteun met onder andere die skoonmaak van plaasaanvaltonele, materiële ondersteuning, bystand met mediese onkoste, traumaberading aan slagoffers sowel as hulle geliefdes asook advies deur kundiges rakende ondersoek- en hofprosedures.

Die professionele atleet Johardt van Heerden, in samewerking met AfriForum-traumaeenheid, bied die volgende #HardloopVirHoop-wedloop aan op 28 Oktober 2023 vanaf 07:00 tot 12:00 by Vredenheim-wynplaas in Stellenbosch.

Raak só betrokke:

1. Borg 500 items vir welkomsakkies en kry blootstelling vir jou onderneming.

2. Bou spangees en skryf ’n groep van jou onderneming se personeel in.

3. Maak ’n donasie aan die slagofferfonds (sien bankbesonderhede hieronder).


Begunstigde: AfriForum NPC | Bank: FNB | Rekeningnommer: 623 498 983 98

Tak: Centurion | Takkode: 261-550 | Verwysing: VirHoop 28 Okt

Navrae: projekte@afriforum.co.za

marna.venter

Meer oor die outeur

marna.venter

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…