Het jy geweet dat jou skenking ’n belastingvoordeel kan wees?*

Deur Wimpie Vogel

Met die eerste maand van die nuwe jaar so pas verby, haas die belastingjaar nou in Februarie tot ’n einde. Vir die meeste van ons (die salaristrekkers) is daar weinig meer oor om aan ons belasting aanspreeklikheid vir die 2024-belastingjaar te doen.

Een van die min opsies wat oorbly, is om ’n skenking te maak aan ’n openbare weldaadsorganisasie wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gemagtig is om artikel 18A-sertifikate uit te reik.

Artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting 58 van 1962 bepaal dat bona fide-skenkings wat aan sekere instellings gemaak word van ’n persoon se belasbare inkomste aftrekbaar kan wees. Vir gewone mense word hierdie aftrekking beperk tot 10% van hul belasbare inkomste.

Dit is belangrike om die volgende te onthou:

  1. Artikel 18A stel dit duidelik dat dit ’n bona fide-skenking moet wees. Indien daar enige teenprestasie vir die skenking is, kwalifiseer dit nie as ’n skenking nie. Dus moet die persoon (skenker) die geld skenk (dus “weg gee”) en mag hulle geen voordeel daaruit ontvang nie (behalwe nou die artikel 18A-sertifikaat).
  2. Dit mag enige skenking (kontant óf goedere) wees wat fisies betaal of oorgedra word.

Hoe werk dit?

Vir dié scenario gebruik ons ’n man wat R500 000 vir die jaar verdien het en wat ’n skenking van R20 000 aan ’n goedgekeurde organisasie gemaak het. Let wel: Die volle R20 000 is aftrekbaar omdat dit binne die 10%-reël pas. Indien daar ’n gedeelte was wat meer as die 10% was, rol dit oor na die volgende belastingjaar.

In hierdie scenario betaal die persoon R6 765 minder belasting aan SARS.

Die laaste punt om te onthou, is dat die bewyslas vir enige aftrekking by die belastingpligtige berus. Maak dus doodseker dat jy sowel die artikel 18A-sertifikaat (met geldige PBO- en NPO-nommer) as die bewys van betaling het om jou aftrekking te staaf.

Sowel die kwitansie as bewys van betaling moet binne die belastingjaar gedateer wees. As hierdie dus na ’n opsie klink, sal jy moet opskud en jou skenking voor einde Februarie maak!

’n Skenking aan AfriForum kan jou belastingaanspreeklikheid moontlik verminder!


Raak betrokke!

Sluit aan

Word ’n lid van AfriForum deur hier te klik.

*

Skenkings

Jy kan GivenGain gebruik om ’n maklike, veilige aanlyn skenking te maak. Dit is veral maklik vir internasionale en plaaslike ondersteuners wat graag ’n eenmalige of herhalende skenking wil maak.

Kontak ons vir enige navrae of vir meer inligting.

*Dié belastingsvoordeel geld sleg vir mense wat belasting in Suid-Afrika betaal.

Foto: Micheile Henderson – Unsplash

marna.venter

Meer oor die outeur

marna.venter

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…