Jo Black en Refentse bring Afrikaanse musiekgenot na Australië

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Jo Black en Refentse gaan in Oktober vanjaar Australië behoorlik op horings neem in ’n reeks musiekvertonings wat in onder meer Brisbane en Perth aangebied gaan word. Dié konserte, aangebied deur South African Events en AfriForum Wêreldwyd, bied Australiese aanhangers ’n geleentheid om dié talentvolle kunstenaars in lewende lywe te sien.

Die geliefde “Skepe”-sanger, Jo Black, en die ewe gewilde Refentse – bekend vir treffers soos “Reisiger” en “Vuil Vanderbijl” – se musikale talent lok Suid-Afrikaanse én internasionale gehore reeds nagenoeg ’n dekade lank van die een stampvol konsert na die volgende. Die 2023-musiektoer na Australië beloof boonop om die tradisie van uitstekende musiek waarmee aanhangers van Black en Refentse vertroud geraak het, nie net voort te sit nie, maar selfs te verbeter.

Die konsertdatums is soos volg:

  • 22 Oktober 2023Melbourne (Jo Black)
  • 27 Oktober 2023Brisbane (Jo Black en Refentse)
  • 28 Oktober 2023Perth (Jo Black en Refentse)
  • 29 Oktober 2023Adelaide (Jo Black en Refentse)

“AfriForum Wêreldwyd tree met trots op as die hoofborg vir hierdie spesiale konsertreeks. Ons is toegewy aan die skep van geleenthede waar ons mense in die buiteland saam kan kom, verbind kan bly met hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se hoof van Diaspora.

Volgens Arno Nel, eienaar van South African Events en organiseerder van hierdie reeks musiekvertonings, is South African Events verheug om dié talentvolle kunstenaars na Australië te neem. “Ons is trots daarop om hierdie musikale hoogtepunt aan te bied en is vasbeslote om ’n onvergeetlike ervaring vir die gehore te skep,” sê Nel.


Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet
Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…