Karen Zoid en Nataniël in Auckland

Deur Sue-Ann de Wet

Twee legendes in een vertoning. Teken die datum in jou dagboek aan!

Karen Zoid is ’n Suid-Afrikaanse rocksanger, liedjieskrywer, kitaarspeler, komponeerder en geselsprogramaanbieder. Haar werk, in sowel Engels as Afrikaans, word hoog aangeprys en verskeie groot plaaslike publikasies het al na haar verwys as Suid-Afrika se “koningin van rock”.

Nataniël het sy sololoopbaan drie dekades gelede begin met die bekendstelling van sy eerste enkelsnit. Hy het sedertdien 19 albums vrygestel, meer as 80 oorspronklike teaterproduksies aangebied en 21 boeke gepubliseer.

Hy het homself gevestig as sanger, liedjieskrywer, vervaardiger, regisseur, ontwerper en openbare spreker, asook as Suid-Afrika se voorste vertolker in soloverhoogoptredes. Sy gewilde rubriek Kaalkop verskyn al vir die afgelope 18 jaar in die SARIE-tydskrif.

Wanneer: 16 Maart 2024
Waar: Due Drop Events Centre
Kaartjies: https://www.eventfinda.co.nz/2024/nataniel-and-karen-zoid/auckland/manukau-city

Lees ook: Karen Zoid en Nataniël in Australië

“AfriForum Wêreldwyd tree met trots op as die hoofborg vir hierdie spesiale konsertreeks. Ons is toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland saam kan kom, deel kan bly van hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se hoof van Diaspora.

Volgens Arno Nel, eienaar van South African Events en organiseerder van hierdie reeks musiekvertonings, is South African Events verheug om dié talentvolle kunstenaars na Australië en Nieu-Seeland te neem. “Ons is trots daarop om hierdie musikale hoogtepunt aan te bied en is vasbeslote om ’n onvergeetlike ervaring vir die gehore te skep,” sê Nel.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet
Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…