Lesersbrief: “Drukkies oor Skype is net nie dieselfde nie”

Hennie Ebbers skryf aan AfriForum Wêreldwyd: Vandag wil ek graag reageer op die artikel “Drukkies oor Skype is net nie dieselfde nie”

Uit my eie ondervinding as emigrant in 1981, kyk ek met heel ander oë na kinders en kleinkinders wat ver weg woon. Toe ons uit Nederland na Suid-Afrika geëmigreer het, was die enigste manier om kontak te maak om te bel of om te skryf en dan was dit slakkepos. Ek het ’n vraag gestel waarop ek vier weke later ’n antwoord gekry het. En praat oor die telefoon het ons net met verjaarsdae en dalk oor Kersfees of Nuwejaar gedoen want dit was baie duur.

Nou is ek weens omstandighede weer terug in Nederland en ek het kinders en kleinkinders in China, Suid-Afrika en Nederland. Met my omstandighede van 40 jaar gelede in gedagte, dink ek eerder positief oor die huidige moontlikhede. Die enigste ding wat ons nie kan doen, is drukkies gee nie, maar verder kan jy mekaar op enige oomblik van die dag of nag sien op Skype, Facetime, WhatsApp, ens. Ongelooflike vooruitgang! As ’n kleinkind ’n arm breek, ’n tand wissel, ’n mooi tekening gemaak het, dan kan ons dit dieselfde dag nog sien.

Natuurlik is fisiese kontak die heel mooiste, maar die moontlikhede wat die vooruitgang van tegnologie oor die laaste 40 jaar (en selfs korter as dit) bied, is ongelooflik.

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Ons nooi jou uit om jou blog en foto’s vir ons te stuur by wereldwyd@afriforum.co.za. Ons wil graag jou storie hoor.

Foto: Getty Images/ Unsplash

dune.vanwyk@afriforum.co.za

Meer oor die outeur

dune.vanwyk@afriforum.co.za

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…