Wat is AfriForumTV?

AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy kan geniet.

AfriForumTV gee ook aan inhoudskeppers die geleentheid om hul inhoud te publiseer, mits dit aan AfriForumTV se waardes en die vereistes voldoen. Dié gebruikersvriendelike platform maak die publiek as ’n gemeenskap deel van ’n Afrikaanse platform.

Inhoud bestaan uit vermaak, nuus, aktualiteit, skolesport, realiteit- en leefstylprogramme, podsendings en kindervermaak.

AfriForumTV is gratis en bied ’n registrasieopsie sodat elke gebruiker dit maklik en gemaklik kan gebruik. Die platform streef daarna om die grootste aanlyn Afrikaanse digitale inhoudsplatform te word.

Waar kan ek toegang kry tot AfriForumTV?

AfriForumTV is aanlyn beskikbaar by AfriForumTV en kan afgelaai word as ‘n toep by Google Play en Apple App Store. Binnekort beskikbaar op Mi Box.

Het jy al gewonder waar die inhoud op AfriForumTV vandaan kom?

AfriForumTV het ook ’n produksiespan wat opwindende en nuwe inhoud vervaardig. Dit sluit konsepbeplanning, kreatiewe uitleg, beplanning en postvervaardiging in. AfriForumTV het ook sy eie skrywers, regisseurs, vervaardigers, redigeerders en animasiekunstenaars.

AfriForumTV ontvang ook graag voorstelle van eksterne filmspanne en -vervaardigers wat ná oorweging genader word as die projek binne die raamwerk van AfriForumTV val.

Sommige programvooruitsigte op die AfriForumTV-spyskaart

In September stel AfriForumTV die kortfilm Die val in samewerking met AfriForum se teenboelieveldtog vry om bewusmaking te skep oor selfdood. Blitsbulletin is ’n ensemble-komediereeks oor die agter-die-skerms-lewe van ’n bekende Afrikaanse nuusprogram. In ’n ander nuwe reeks, Grondpad, ry Appel saam met ONCA 4×4 die grondpaaie van Suid-Afrika plat.

Wikus van der Merwe kuier al te lekker saam met bekendes op die land se mooiste gholfbane. Kyk uit vir hierdie sosiale gholfprogram wat jou lekker sal laat saamlag terwyl die ouens gholf speel.

Lamb Champs is ’n inisiatief van Saai wat by skaapboere regoor die land gaan kuier en met hulle oor hierdie tipe boerdery gesels. Die doel is om hierdie skaapboere vir ’n feesgeleentheid bymekaar te kry, waar 50 boere hul eie skape volgens dieselfde resep gaan spitbraai om een wenner aan te kondig.

Vir die kleinspan

Ja, AfriForumTV het ook kinderinhoud wat deur AfriKinders vervaardig word! Dit is Afrikaans, dit is pret en dit is opvoedkundig. Programvooruitsigte is Kamma-kamma, ’n musiekblyspel wat kinders lekker sal kan laat saamsing. Alfabetpret is ’n animasieprogram wat die alfabet aan die jong(er)span leer, ook deur middel van lekker saamsingliedjies. Daar is ook ’n reeks met stories van helde uit ons geskiedenis.


Kom loer gereeld in om van ons talle ander produksie te wete te kom!

Sue-Ann de Wet

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

SOEK

VOLG ONS OP

MOET LEES ARTIKELS

KATEGORIEË

Leesvordering: %

JY SAL OOK DALK HIERVAN HOU…